DRK – Volgens ‘n beampte is sowat 5 000 olifante in die afgelope vyf jaar om die Nouabale Ndoki Nasionale Park in die Republiek van die Kongo deur stropers doodgemaak.
Thomas Breuer, ‘n senior tegniese beampte van die wildbewaring-vereniging in die park, sê amptenare moet stappe neem en meer wagte om die park aanstel.
Breuer sê dat terwyl stropery om die park toeneem, kom stropery binne die park nie so algemeen voor nie.
Hy sê die hoeveelheid olifante in die park het tot sowat 7 000 toegeneem.
Die Nouabale Ndoki Nasionale Park is in 1993 geskep en strek oor 4 000 vierkante kilometer in die noordweste van die Republiek van die Kongo.
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.