Nuus24

Bom ontplof buite VSA se ambassade in Libië

2012-06-06 23:05
Londen – ‘n Bom het buite die Amerikaanse ambassade se kantore in Benghazi, Libië, onplof, het die BBC berig.

Luidens berigte het die gebou ligte skade aan sy hoof-ingangshek opgedoen.

‘n Amerikaanse beampte vir die ambassade in Tripoli het aan die uitsaaier gesê niemand is in Dinsdagaand se aanval beseer nie.

Niemand het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Volg Nuus24 op Twitter
Lees meer oor:    libië  |  benghazi  |  ambassades  |  bomme
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)