Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Ethiopië se premier sterf ná 'skielike infeksie'

2012-08-21 08:15
Addis Abeba – Meles Zenawi, premier van Ethiopië, wat die afgelope twee maande in 'n oorsese hospitaal aansterk, is dood nadat hy 'n infeksie opgedoen het, het die staatstelevisie Dinsdag berig.

Hy was 57 jaar oud.

"Premier Meles Zenawi het gisteraand omstreeks middernag gesterf," het Bereket Simon, minister van inligting, gesê.

Meles het die afgelope twee maande geen openbare verskynings gemaak nie en daar is wyd berig dat hy in 'n hospitaal in Brussel behandel word.

Dít volg nadat gerugte oor sy siekte ontstaan het nadat hy nie verlede maand die Afrika-unie-beraad in Addis Ababa bygewoon het nie.

Die adjunkpremier, Hailemariam Desalegn, is as waarnemende premier aangestel.

Geen verdere besonderhede is bekendgemaak nie.

– Volg Nuus24 op Twitter


Reuters
Lees meer oor:    meles zenawi  |  ethiopië
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)