Londen – Ondersteuners van die ontslape Libiese leier Muammar Gaddafi word vir die drie motorbomme waarin twee mense in Libië gesterf het, blameer, het
Sky News berig.
Verskeie ander mense is in die ontploffings, wat naby sekuriteitsgeboue en die ministerie van binnelandse sake in die hoofstad Tripoli voorgekom het, beseer.
Dit is die eerste noodlottige aanval sedert Gaddafi verlede jaar ontsetel is.
Niemand het sover aanspreeklikheid vir die ontploffings aanvaar nie.
Beamptes het Gaddafi-lojaliste vir die ontploffings blameer en gesê hulle probeer vrees versprei en 'n einde aan die demokrasie in die land bring.
Die twee mense wat in die ontploffings gesterf het, was twee jong mans in hul 20's.
– Volg Nuus24 op
Twitter.