Kaapstad – 'n Geskarrel om goedkoop boerderygrond in Afrika in die hande te kry, kan miljoene mense sonder water laat en die vasteland se riviere laat opdroog, het
Landbou.com Donderdag berig.
Volgens 'n verslag deur Grain, ’n organisasie wat fokus op hulp aan kleinboere, kan sogenaamde grondgrypery in Afrika lei tot “hidrologiese selfmoord” op die vasteland.
Henk Hobbelink, koördineerder, sê sou grondgrypery onverpoos voortgaan, sal die vasteland se mense uiteindelik sonder water wees.
Volgens die verslag pik welgestelde individue en regerings van ander wêrelddele tans grond in Afrika op vir grootskaalse voedselproduksie en biobrandstofprojekte.
Lees die volledige artikel
hier.
Volg
Nuus24 op Twitter.
–
Landbou.com