Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

'Humanitêre katastrofe' by kamp in Suid-Soedan

2012-08-17 18:41
Londen – Talle mense is besig om by ‘n vlugtelingskamp in Suid-Soedan dood te gaan, het Medecins Sans Frontieres (MSF) gewaarsku.

Die mediese liefdadigheidsorganisasie sê ‘n gemiddeld van vier jong kinders sterf daagliks by die Batil-kamp.

Helen Patterson, mediese koördineerder by MSF, sê dit is ‘n "humanitêre katastrofe."

Die BBC berig sowat 170 000 vlugtelinge het tot dusver vanaf Soedan na kampe in Suid-Soedan gevlug nadat gevegte in die noorde uitgebreek het.

Volg Nuus24 op Twitter 
Lees meer oor:    suid-soedan  |  vlugtelinge
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover