Nairobi – Die Keniaanse president, Mwai Kibaki, het pres. Barack Obama geluk gewens met sy "welverdiende oorwinning" en gesê Keniane vier sy herverkiesing.
Obama se pa was ’n Keniaan en baie van sy familielede, onder wie sy ouma, woon steeds in die dorpie Kogelo in die weste van Kenia.
"Kenia is, soos altyd, trots op sy verbintenis met jou," het Kibaki Woensdag in 'n verklaring gesê.
"Ons sien uit daarna om die verhoudinge tussen ons twee lande tydens jou tweede termyn verder te versterk."
– Volg Nuus24 op
Twitter
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.