Nuus24

Libië se Olimpiese hoof vrygelaat

2012-07-22 14:31
Tripoli – Die broer van die president van die Libiese Olimpiese komitee het gesê die sportbeampte is 'n week ná sy ontvoering vrygelaat.

Salah al-Alam het gesê Ahmed Nabil al-Taher al-Alam, hoof van die komitee, het Sondag ongedeerd teruggekeer huis toe.

Al-Alam het gesê dit is nie bekend hoekom sy broer ontvoer is of op watter voorwaardes hy vrygelaat is nie.

Ahmed is Saterdag aan sekuriteitsbeamptes oorhandig, waarna hy teruggekeer het huis toe.

– Volg Nuus24 op Twitter


SAPA
Lees meer oor:    libië  |  ontvoerings
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)