Timboektoe – Gevegte het uitgebreek tussen twee groepe wat beheer probeer kry oor die noorde van Mali,het getuies gesê.
Oumar Ould Hamaha, ‘n vegter vir die Islamitiese groep wat bekend staan as Ansar Dine, het Woensdag aan die Associated Press gesê minstens drie mense is tydens gevegte in Timboektoe beseer.
Die gevegte het tussen militante van Ansar Dine en sekulêre Tuareg-rebelle, wat bekendstaan as die National Movement for the Liberation of Azawad, plaasgevind.
Die sekulêre rebelle het op ‘n tyd gesê hulle beplan om saam te smelt met Ansar Dine, wat streng Islamitiese wette in die omgewing wil instel.
Nietemin het die rebelle onlangs ‘n bestuursraad vir die streek aangekondig wat nie die Islamiete insluit nie en spanning tussen die twee groepe het toegeneem.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AP