Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Minister dood in Soedan-vliegongeluk

2012-08-19 16:56
Johannesburg – 'n Soedannese afvaardiging, onder wie weermags- en politieke verteenwoordigers, is dood toe 'n burgerlike vliegtuig met meer as 30 mense aanboord in die Nuba-bergreeks in Suid-Kordofan in Soedan neergestort het, het RSG Sondag berig.

Volgens berigte is alle insittendes dood.

Soedan se minister van Begeleiding en Godsdienstige aangeleenthede, Ghazi al-Sadiq Abdel Rahim, was een van die slagoffers.

Die vliegtuig was van Khartoum na Suid-Kordofan onderweg vir die viering van Eid, wat die einde van die Heilige Maand van Ramadaan inlei.

Die vliegtuig kon weens gure weer nie met sy eerste probeerslag land nie, en het met die tweede poging 'n berg getref.

Volg Nuus24 op Twitter.

RSG
Lees meer oor:    soedan  |  vliegongelukke
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)