Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Minstens 23 sterf in gru-botsing in Senegal

2012-08-07 18:34
Dakar – Minstens 23 mense is Dinsdagoggend dood in ‘n botsing tussen ‘n bus en ‘n vragmotor in Senegal, het die brandweer en plaaslike media gesê.

“Die ongeluk het tussen ‘n 36-sitplek bus en ‘n vragmotor wat steenkool vervoer het plaasgevind,” het ‘n beampte van die brandweer aan AFP gesê.

Hy sê 22 mense is dood en een is beseer, alhoewel latere berigte deur die Senegalese Press Agency gesê het die dodetal het tot 23 gestyg, met tientalle wat beseer is.

Volgens die beampte van die brandweer het die ongeluk omstreeks 03:00 (plaaslike tyd en GMT) naby die dorp Kaffrine plaasgevind. Hy het nie spesifieke besonderhede verskaf oor die oorsaak van die ongeluk nie.

“’n Ongeluk met so baie sterftes is skaars in Senegal. Die laaste ongeluk met ‘n hoë dodetal was ses maande terug toe minstens 15 mense dood is” in die noorde van die land.

– Volg Nuus24 op Twitter

  Sapa - AFP
Lees meer oor:    senegal  |  ongelukke
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)