Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Nairobi: 4 dood, 40 beseer in 'n granaataanval

2012-03-11 07:57
Kaapstad – Vier mense is dood en meer as 40 ander beseer in 'n granaataanval op 'n busstasie in Nairobi, Kenia.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie.

Daar was egter in Oktober verlede jaar granaataanvalle op die stad, nadat Keniaanse troepe na Somalië gestuur is om teen die Islamitiese ekstremiste groep Al-Shabaab te veg. 

RSG.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    nairobi  |  bomaanvalle
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)