Sowat 67 mense is reeds gered.
"Tot dusver is daar 76 mense, waarvan nege hul lewens verloor het," het Dan Mishio van die weermag in Ghana gesê.
'n Span van 18 lede, wat van Israel afkomstig is, word later in die Wes-Afrikaland verwag om met die reddingspoging te help.
Dit is nie bekend hoeveel mense in die gebou was toe dit Woensdag, kort voor oopmaaktyd, ineengestort het nie.
Die polisie het aanvanklik gesê 50 werknemers het daar gewerk, maar die aantal mense wat opgespoor is, het dié getal ver oorskry.
– Volg Nuus24 op Twitter