Johannesburg – Minstens ses Moslem-jeudiges is deur 'n groep woedende Christene vermoor nadat twee kerke in Nigerië die afgelope naweek aangeval is, het die plaaslike media Maandag berig.
'n Selfmoordbomaanvaller het 'n kerk in Jos aangeval.
In 'n ander aanval het gewapende mans op 'n kerk in Biu in Borno-staat losgebrand. Dié gebied dien as die hoofkwartiere vir die Islamitiese groep Boko Haram, wat vermoedelik verantwoordelik is vir die onlangse aanvalle teen die regering en Christene.
Talle mense is in die kerkaanvalle dood en verskeie ander het beserings opgedoen.
Die polisie het nog niemand in verband met die aanvalle in hegtenis geneem nie, het die plaaslike
Guardian-koerant berig.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa-DPA