Lagos, Nigerië – Nigerië se tweede grootste lugredery is gegrond vir veiligheidstoetse nadat sy ingenieurs op 'n staking gegaan get, het beamptes gesê.
Harold Demuren van die Nigeriese burgerlugvaartowerheid, het Woensdag gesê Air Nigeria sal weer kan vlieg sodra ondersoekbeamptes hul toetse afgehandel het.
Die ondersoek kom nadat ingenieurs by die lugredery aan en af begin staak het.
'n Woordvoerder vir die lugredery kon nie onmiddellik bereik word nie, hoewel 'n operateur by die inbelsentrum gesê het hulle hoop om Donderdag weer hul vlugte te hervat.
Die tydelike opskorting van Air Nigeria se vlugte kom nadat 'n Dana Air vlug op 3 Junie in Lagos neergestort het. Al 153 passasiers is in die ongeluk dood.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter.
Sapa - AP