Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Ontploffing ruk Nigeriese nagklub

2012-06-23 13:38
Abuja – ‘n Ontploffing het buite ‘n nagklub in die Nigeriese hoofstad Abuja plaasgevind, slegs ure nadat die nasionale sekuriteitsadviseur en minister van verdediging afgedank is.

Geen sterftes is aangemeld in die ontploffing wat laat Vrydag plaasgevind het nie. Vensters in die nagklub, ‘n bank en ‘n haarkapper is in skerwe gelaat en verskeie luukse motors is beskadig.

“Niemand is dood nie,” het Yushua Shuaib, ‘n woordvoerder vir die nasionale noodbestuur-agentskap, gesê.

“Die plofstof is vermoedelik aan ‘n boom oorkant die Kryxtal Lounge geplant.”

Die gewilde nagklub is geleë in ‘n streek wat gereeld deur buitelanders en ryk mense besoek word.

Shuaib sê hy dink nie daar was baie mense daar nie, alhoewel ‘n sekuriteitswag wat naby was, beweer daar was ‘n groep mense ten tyde van die ontploffing by die nagklub.

Nigerië is deur talle bomaanvalle wat op die Islamitiese sekte Boko Haram blameer word geruk.

– Volg Nuus24 op Twitter
  Sapa - AFP
Lees meer oor:    nigerië  |  bomaanvalle
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover