Kaïro – 'n Gaspyplyn, wat gebruik word om brandstof na Israel en Jordanië te vervoer, is beskadig in 'n ontploffing, het sekuriteitsbeamptes gesê.
Die pyplyn is al 14 keer sedert 2011 deur saboteurs opgeblaas, maar die polisie het egter nog nie bekendgemaak of die jongste ontploffing deur 'n bom veroorsaak is nie.
Ooggetuies het 'n harde plofgeluid gehoor en vlamme naby die noordelike dorp van El-Arish gesien.
Egipte gaan gebuk onder sekuriteitsprobleme sedert die opstande van pres. Hosni Mubarak in Februarie 2011 uit die kussings gelig het.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Sapa - AFP