Essam al-Muntasir, woordvoerder vir die Zawiya-olieraffinadery, het gesê dat talle oorlogsveterane voor die raffinadery betoog.
“Hulle laat nie ons werknemers toe om in te kom nie en laat ook nie ons vragmotors toe om uit te gaan nie,” het al-Muntasir gesê.
“Hulle sê hulle het nie voldoende vergoeding van die regering vir die oorlog ontvang nie.”
Al-Muntasir wou nie sê of die betogers gewapen is nie.
Intussen het lang rye motors in Tripoli by vulstasies gewag om petrol te bekom.
Die Zawiya-olieraffinadery verskaf sowat 40% van Wes-Libië se olie.
– Volg Nuus24 op Twitter