Nuus24

Regspan in tronk ná hulle Gaddafi se seun besoek

2012-06-12 08:35
Libië – 'n Regspan van Den Haag is glo in Libië in die tronk gestop nadat hulle Muammar Gaddafi se seun, Saif al-Islam, in die tronk besoek het.

Die regspan, wat uit vier mense bestaan, is na 'n tronk in die dorp Zintan geskuif, het 'n hoof van die militia brigade aan die BBC gesê.

Hulle is Donderdag gearresteer en sal 45 dae lank aangehou word terwyl 'n ondersoek aan die gang is, het Ajami al-Ateri gesê.

'n Tweede afvaardiging van die Internasionale Strafhof het intussen in Libië aangekom in 'n poging om hulle te bevry.

'n Lid van die span wat in hegtenis geneem is, die Australiese prokureur Melinda Taylor, word daarvan verdink dat sy probeer het om dokumente aan Saif al-Islam te gee.

Die ministerie van buitelandse sake het bevestig dat die span 45 dae lank aangehou gaan word, maar het gesê hulle word steeds by 'n gastehuis aangehou.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    saif al-islam  |  libië
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)