Share

Tienjarige dood in ontploffing in Nigerië

Bauchi – 'n Tienjarige seun is dood en 10 ander mense gewond in 'n bomontploffing in die noordelike staat van Bauchi in Nigerië, het die polisie gesê.

Die bom was in ’n kruiwa by ’n kroeg, waar baie mense bymekaarkom om bier te drink, versteek. Die gebruik van alkohol in dié staat word weens die sjaria-wetgewing verbied. 

Mohammed Ladan, kommissaris van die Bauchi-staatspolisie, het gesê die seun wat naby die kroeg was, is in die ontploffing dood.

Adamu Abubakar, ’n Rooikruis-beampte, het gesê veiligheidsmagte het die gebied omsingel.

Dit is nie die eerste keer dat sektariese geweld in die gebied uitbreek nie. Die radikale Islamitiese Boko Haram-beweging het voorheen verantwoordelikheid aanvaar vir soortgelyke aanvalle. Die sekte het egter nie onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.  

– Volg Nuus24 op Twitter

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
68% - 1912 votes
No! It's time to move on ...
32% - 915 votes
Vote
Rand - Dollar
18.62
+0.9%
Rand - Pound
23.32
+0.7%
Rand - Euro
19.95
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.3%
Rand - Yen
0.12
-1.3%
Platinum
963.20
+1.8%
Palladium
955.50
-0.2%
Gold
2,318.80
+1.4%
Silver
26.67
+1.5%
Brent Crude
86.33
-1.0%
Top 40
69,925
-0.7%
All Share
76,076
-0.5%
Resource 10
61,271
-4.5%
Industrial 25
105,022
+0.4%
Financial 15
16,591
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE