Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Tunisiër in Irak tereggestel vir terrorisme

2011-11-17 15:32
Bagdad – ‘n Tunisiese man is tereggestel wat in Irak daaraan skuldig bevind is dat hy in 2006 betrokke was by ‘n aanval op ‘n Sjiïtiese pelgrimsoord wat ‘n vlaag sekte-geweld tot gevolg gehad het, het ‘n woordvoerder van Irak se departement van justisie Donderdag gesê.

Die departement het “Woensdag elf mense terreggestel, insluitend ‘n Tunisiër wat betrokke was by die opblaas van die Al-Askari-pelgrimsoord in Samarra in 2006,” het die woordvoerder gesê.

Uit die elf was daar ook ‘n Egiptenaar en nege Irakiërs, insluitend ‘n vrou. Almal van hulle is skuldig bevind aan dade van terrorisme.

– Volg Nuus24 op Twitter.
  Sapa - AFP
Lees meer oor:    irak  |  egipte  |  tunisië  |  terrorisme
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)