Kampala, Uganda – Ugandese amptenare wil ‘n noodvergadering in Ethiopië hou om te bespreek hoe om die geweld in die Republiek van die Kongo te stop.
Die besluit is geneem ‘n dag ná Uganda se minister vir rampbestuur, Musa Ecweru, gesê het dat meer as 16 000 Kongolese toevlug in Uganda soek.
Die vlugtelinge probeer almal wegkom van die geweld wat die afgelope tyd vererger het toe die regering probeer het om oproerige rebelle te onderwerp.
Ecweru sê die instroming van vlugtelinge het Uganda "oorvol" gelos en hy het vir internasionale hulp gevra om die mense te voed.
Die 16 000 vlugtelinge sluit 648 Kongolese soldate in. Die soldate het verlede week gevlug ná hulle gevegte met rebelle verloor het. Ecweru sê 24 van die soldate het ernstige skietwonde opgedoen.
Volg Nuus24 op
Twitter
AP