Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Uitbreking van Ebola in Uganda 'onder beheer'

2012-08-07 14:09
Kampala – ‘n Uitbreking van die dodelike Ebola-virus in Uganda, wat reeds die lewens van 16 mense geëis het, is onder beheer, het ‘n beampte van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Dinsdag gesê.

Die uitbreking het in Julie in die westelike streek van Kibaale begin. Sowat 300 mense wat in kontak was met ander wat die virus opgedoen het, word steeds gemonitor.

“Die gevalle word nou slegs tot Kibaale beperk. Die uitbreking van Ebola is nou onder beheer. Gevalle waar mense in kontak was met die virus moet steeds opgevolg word. Toesig oor hierdie gevalle moet opgeskerp word, aangesien ons eers ná 21 dae kan seker wees hulle is veilig,” het Solomon Fisseha, die adjunk-hoof van die WGO in Uganda, aan dpa gesê.

Honderde skole is in die dele wat die swaarste getref is gesluit en selfs sosiale byeenkomste is verbied as gevolg van die siekte.

Hierdie is die vierde uitbreking van Ebola in die land sedert 2000, toe 224 mense weens dié virus gesterf het.

Ebola, wat geen bekende geneesmiddel het nie, is ‘n hoogs aansteeklike siekte en simptome sluit in braking, diarree en eksterne en interne bloeding.

– Volg Nuus24 op Twitter

  Sapa-DPA
Lees meer oor:    uganda  |  ebola
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)