Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

VSA se ambassadeur in Kenia bedank

2012-06-29 14:30
Nairobi – Amerika se ambassadeur in Kenia het slegs 'n jaar nadat hy in sy pos aangestel is, bedank.

Scott Gration, 'n afgetrede lugmag-generaal en voormalige afgevaardigde na Soedan, het die pos in Nairobi in Mei 2001 opgeneem.

"Verskille met Washington weens my leierskapstyl en sekere prioriteite het my tot die gevolgtrekking laat kom dat dit tyd is om te gaan. Ek het my kennisgewing Maandag ingehandig," het Gration Vrydag in 'n verklaring gesê.

Hy het geen verdere inligting oor die aard van die verskille gegee nie.

Amerika beskou Kenia as 'n belangrike basis in sy poging om Islamitiese insypelaars in die Horing van Afrika, insluitende Somalië waar Al Shabaab-rebelle teen magte veg wat deur die Weste ondersteun word, vas te vat.

Volg Nuus24 op Twitter.
Sapa - AFP
Lees meer oor:    kenia  |  amerika
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)