Gaarmaaktyd: 15 – 20 minute
Bedien: 4 – 6 porsies
Bestanddele
6 lamsrib of lende tjops, 2 cm dik
Marinade
30 ml (2 eetlepels) olyfolie
45 ml (3 eetlepels) ligte bruinsuiker
45 ml (3 eetlepels) bruinasyn
30 ml (2 eetlepels) tamatie pasta
30 ml (2 eetlepels) vars suurlemoensap
3 ml (½ teelepel) soya sous
1 knoffelhuisie, fyngekap
15 ml (1 eetlepels) gekapte vars origanum of 5 ml (1teelepel) gedroë
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Pepersous
30 ml (2 eetlepel) botter of margarien
30 ml (2 eetlepel) koekmeelblom
250 ml (1 koppie) melk
2 ml (¼ teelepel) gladde Engelse mostert
30 ml (2 eetlepels) groen peperkorrels, effens fyngedruk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
1. Marinade: Meng al die bestanddele saam. Gooi oor tjops en marineer vir 2 – 4 ure buite of 6 ure in die yskas.
2. Verwyder die tjops van die marinade en rooster oor matige kole of in die oond vir 15 – 20 minute, tot goudbruin en gaar. Draai tjops gereeld om en bedruip met marinade.
3. Sous: Smelt die botter in ´n klein swaarboompan. Voeg meel by en roer vir ongeveer 1 minuut. Voeg die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut tot glad en verdik. Bedien warm met tjops.
Variasie
Vervang groen peperkorrels met 60 ml (¼ koppie) gerasperde kaas vir ´n kaassous.
– Resep verskaf deur Rooivleisraad.