Ford sê produksie by die fabriek het stadig maar seker verminder sedert swak Europese motorverkope die fabriek gedwing het om te herstruktueer.
“Hierdie besluit het ons onverwags gevang en is ‘n bitter pil om te sluk,” het Johan Lamers, een van die unie-verteenwoordigers, gesê.
Ford is onder druk in Europa sedert die skuldkrisis op die vasteland begin het. Die maatskappy verwag om teen die einde van 2012 meer as R8,7 miljard in Europa te verloor. Ford verkoop 25% van sy voertuie in Europa.
Die motorvervaardiger het aangekondig dat die motors wat by die fabriek vervaardig word, nou in Valencia, Spanje vervaardig sal word.
“Die herstruktuering van ons vervaardiging in Europa is ‘n belangrike deel van ons plan om Ford se sake op die vasteland te versterk,” het Stephen Odell, uitvoerende hoof van Ford Europa, gesê.
Ford se verkoopsyfer in Europa het vanjaar met 14,9% gedaal.
– Volg Nuus24 op Twitter