Share

Hyundai Elantra dra die SA kroon

Die Koreaanse aanslag op die plaaslike motormark het nog vrugte afgewerp deurdat Hyundai se Elantra 1.8 GLS Woensdagaand op ’n spoggeleentheid in Johannesburg as Suid-Afrika se motor van die jaar aangewys is.

Dit was die eerste keer dat dié eer ’n Koreaanse voertuig te beurt val.

Koreaanse rygoed verkoop nie net plaaslik uitstekend nie, maar die laaste paar jaar is daar gereeld Hyundais en Kias onder die finaliste in die kompetisie wat deur die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) en Wesbank aangebied word.

Vanjaar was daar twee Koreaanse motors onder die tien finaliste ­– die Elantra en Kia se klein Picanto, wat self ’n waardige draer van die titel sou kon wees.

Die ander finaliste was die Mercedes-Benz SLK, Audi A6, Suzuki Kizashi, Alfa Romeo Giulietta, Citroën DS4, Volkswagen Jetta, Ford Focus en die Peugeot 5008.

Verlede jaar was daar twee wenners, naamlik die Volkswagen Polo TDI en die BMW 530d.

Die kompetisie word reeds sedert 1986 deur die SAGMJ aangebied.

Om te sien wie die jurielede is wat die beoordeling gedoen het en vir watter voertuie hulle gestem het, besoek www.sagmj.org.za

– Volg Nuus24 op Twitter

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
33% - 368 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
67% - 763 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
+0.1%
Rand - Pound
23.85
-0.1%
Rand - Euro
20.43
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.0%
Platinum
940.20
-1.1%
Palladium
1,019.00
-1.0%
Gold
2,385.56
+0.3%
Silver
28.47
+0.8%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,084
-0.2%
All Share
73,118
-0.2%
Resource 10
63,183
-0.2%
Industrial 25
98,328
-0.1%
Financial 15
15,443
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE