Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Top Gear-fees pomp miljoene in Durban-ekonomie

2012-06-15 12:45
Kaapstad – Die Top Gear Festival wat Saterdag en Sondag by die Moses Mabhida-stadion in Durban gehou word, sal nie net dié stad se ekonomie 'n hupstoot gee nie, maar ook internasionale blootstelling, het Phillip Sithole, hoof van Durban Toerisme, gesê.

Dié fees word vanjaar vir die eerste keer in Durban gehou.

Kaartjies vir die fees het volgens Sithole uitstekend verkoop en akkommodasie vir toeristeverblyf is byna vol bespreek.

"In terme van ekonomiese voordele verwag ons 'n kontantinspuiting van meer as R60 miljoen oor die volgende paar dae," het Sithole gesê.

– Lees meer hier

– Volg Nuus24 op Twitter
Lees meer oor:    top gear festival
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)