Share

Wie ken vryheidsmanifes regtig?

Dit is 16 jaar na die eerste demokratiese verkiesing in 1994 en daar is kinders wat in die tyd gebore is wat nou al besig is om hul skoolloopbane te voltooi.

Tog is daar min mense alhoewel hul geesdriftig hul kruisies getrek het wat weet wat daar werklik in die ANC se vryheidsmanifes staan. Dit bly 'n ope vraag of daar nie meer aandag aan dit moes gegee gewees het nie. 

Die manifes bevat die kernbeginsels van die ANC en moet 'n mens dus ook die ANC teen die agtergrond daarvan beoordeel.

In 1955 het die ANC 50 000 vrywilligers uitgestuur om die mense se eise te versamel. Die versamelde eise is deur  ANC leiers ZK Mathews en Lionel 'Rusty' Bernstein in 'n finale dokument saamgevat.

Die manifes bevat dus die eise van die mense in die hitte van die 'stryd om bevryding' en gee dus 'n goeie insig oor dit waaroor die bevryding werklik gegaan het.

Dit is toe ook geesdriftig aanvaar op 26 Junie 1955 deur die 'Congress of the People' in Kliptown deur min of meer 3 000 afgevaardigers wat elke afdeling met krete van 'Afrika!' en 'Mayibuye goedgekeur het.

Die polisie het die vergadering op die tweede dag opgebreek maar toe was die stigtingsakte reeds goedgekeur.

Die dokument word gekenmerk deur 'n eis en verbintenis tot 'n nie-rassige Suid Afrika. Dit eis ook 'n demokrasie, mense regte, grondhervorming, arbeidsregte, en nasionalisering.

Die dokument was ook 'n inspirasie vir talle jeudige militantes. Baie van die eise is in die nuwe grondwet opgeneem, veral ten opsigte van gelykheid van ras en taal. Die nasionalisering van Industrieë en herverdeling van grond, wat permanent in die stigtingsakte is, was blykbaar onder druk uitgelaat.

Ek dink dit is nogtans belangrik dat elke Suid-Afrikaner en veral die jongeres hulself vergewis met die inhoud van die Vryheidsmanifes omdat dit 'n belangrike rigtinggewende dokument is in die ANC se beleidsverklarings en inrigtings.

Vir enige mens wat Suid-Afrika sy permanente tuiste wil maak, moet dan op hoogte van die inhoud daarvan wees want dit is aanduidend wat 'n mens in die toekoms van die ANC kan verwag en waarop 'n mens dan ook voorbereid moet wees.

Dit bevat die eise van miljoene mense en ek glo nie dat hul sommer bereid sal wees om daarvan af te stap omdat dit 'n minderheidsgroep soos die Afrikaners en ander nie pas nie.

Dit gaan dan volgens my 'n bitter harde stryd kos om 'n selfstandige tuisland te beding omdat dit direk indruis met wat in die vryheidsmanifes vervat is.

Ek wil my nie uitspreek oor die haalbaarheid van baie van die eise nie.

- Lees die vryheidsmanifes hier.
 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 484 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE