Ons het die sikloon Yasi op TV dop gehou en gebid vir die mense in Cairns omgewing.
Ek moet se dat ek nog nooit so goeie voorbreiding gesien het vir natuur rampe soos wat ons hier sien in Australië nie.
Die inligting en hulp wat die regering en nooddienste verskaf is verstommend goed.
Die oog van die verwoestende sikloon het Cairns gelukkig gemis maar grootskaalse verwoesting in 'n aantal kleiner dorpies aangerig.
Die grootste les hier is hoe die regering die rampe hanteer en die ongelooflike professionele manier wat die nooddienste hier optree.
Dit laat mens besef dat as jy hier in 'n ramp is, is jy nie alleen nie. Die Australiese mense is ook nie skaam om te help nie.
Hulle het $184 miljoen dollar in minder as drie weke ingesamel vir die onlangse vloedramp fonds.
Brisbane is deur die mense self in minder as 'n week skoon gemaak na die vloedramp. Ongelooflik.
Welgedaan Australië. Laat mens onwillikeurig wonder hoe gereed is SA vir so 'n ramp?
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.