Share

Renosterstropery net nog ’n misdaad in SA

Ek glo nie die wettig maak van die oes van renosterhorings sal renosterstropery drasties verminder nie, of altemit verminder tot ’n punt waar dit aanvaarbaar is nie. Die geskrewe hier onder probeer die raamwerk en konteks skep vir my opinie en gevoelens oor die saak, maar kan dit as volg probeer saamvat...

Renosterstropery is maar net nog ’n misdaad in SA wat buite beheer geraak het as gevolg van ’n verskeidenheid van faktore en invloede. Ek verskil miskien van meeste mense in die sin dat ek glo net die gemeenskap kan ’n misdaad beveg en laat weggaan, aangesien hulle die misdade pleeg (ek bedoel die misdadige element in die gemeenskap) en as die gemeenskap misdaad afkeer en beveg deur inligting te verskaf, dit te verwyt ens., dan die "Robin Hoods" vir hulle regte werke moet soek. 

SA se onvermoë om georganiseerde misdaad "heads-on" te takel en pak te gee bestaan nie as gevolg van korrupsie, ineffektiewe polisiëring en vervolging en sindikaat integrasie in die regering, is besig en sal in nog in ’n groter mate die ekonomie en die mense van SA beïnvloed in die toekoms.

Ja, daar is dinge wat kan gedoen word om die simptome van misdaad en renosterstropery te bekamp en te beveg, maar miskien moet ons energie gefokus wees om die "krag en vermoë" van georganiseerde misdaad in SA te verwoes, en ek glo stellig dat ander misdaad statistiek ook sal verbeter.

Georganiseerde misdadigers is almal varke van die dieselfde sog en beer, en hulle vreet net nou en dan by verskillende voerbakke en hulle help mekaar en maak seker dat daardie voerbakke bestaan die korrupsie en integrasie. Soek sog en die beer, soek die ander varke en plaas hulle onder druk. Die ding met varke is, as hulle honger word, begin vreet hulle mekaar se kos, en selfs mekaar om te probeer oorleef.

Meeste misdaad, praat nie van polities gemotiveerde dade nie, word deur ’n klein hoeveelhede sindikate beheer en gedoen.

Die stropery van renosterhorings is net nog ’n ander kriminele aktiwiteit. Om dus die spesifieke misdaad van renosterstropery te verstaan en te probeer beveg moet sekere elemente verstaan en analiseer. My denke en opinie is gebaseer op die volgende:

1. Renosterstropery is georganiseerd en is dus deel van georganiseerde misdaadsindikate in SA. Misdaad intelligensie het dit dat meeste sindikate in die georganiseerde misdaad wêreld aan verwant aan mekaar is en dat die misdaad aktiwiteite net verskillende "inkomste" strome vir die sindikaat is. So in baie gevalle sal een sindikaat betrokke wees by verskeie misdaad vorms (kom ons noem dit diversifikasie). So die geveg teen renosterstropery is teen georganiseerde misdaadsindikate wat in meeste gevalle tentakels het in die hele SADE Streek en internasionale.

2. As gevolg van die genoemde redes in een moet daar dus aanvaar word, en misdaad intelligensie bevestig dit dat die Chinese, Russe, Angolese, Nigeriese en ander Oos Europese sindikaat en misdaad families ook betrokke is.

3. Die volgende gevolgtrekking is dus dat die perlemoenstropery ingekoppel word in die sindikaat.

4. Die geld middel in baie gevalle is verruiling vir diamante, dwelms om die transaksie en die betaling te verskans van mekaar om vervolging en ondersoek te bemoeilik.

Gegewe die bogenoemde is feitlik genoeg en relevant moet gekyk word na die elemente wat bestaan in terme van ’n misdaad:

A. Motief: Die persone wat die stropery doen is in meeste gevalle laer inkomstegroepe, vlugtelinge wat leef van hand tot mond. Hulle is die voetsoldate en baie kere nie eens bewus van die groter misdaad- en sindikaat-prentjie nie en die inkomste is altyd ’n aanmoediging. Dit gaan hand in hand met die mark – afset gebied vir produkte. As jy dit wil wegvat: opvoeding, geleenthede en werk.

B. Toegang: Die grote van Suid-Afrika se natuurbewaringsgebiede en private plase is so groot en wyd versprei dat toegang maklik is van die heinings, veldwagters en wetgewing kan net eenvoudig nie genoeg dek nie. Ek vermoed die dekkings vermoë van natuurbewaarderd, privaat sekuriteit en polisie dek seker nie meer as 25% van die risiko areas en gebiede in terme van 7/24/365 teenwoordigheid nie. Ons grense is groot en nie altyd maklik om te bewaak nie, so beweging is relatief maklik. As jy dit wil wegvat: bekamp korrupsie, gemeenskap polisiëring en bewaring, kommando/ reserviste beginsels.

C. Vermoë / kapasitiet: As gevolg van die agtergrond van SA is AK's en ander toerusting redelik maklik bekombaar. Voertuie word gelewer deur ander misdaad aktiwiteite. As jy dit wil wegvat: bekamp en beveg alle misdaad.

D. Risiko/ vlug moontlikhede/ vervolgingsrisiko: In SA kan jy wegkom sonder risiko in baie gevalle as gevolg van sommige van die bogenoemde redes. Vervolging is ook baie moeilik, net soos enige van die ander georganiseerde misdaad. Beveg korrupsie, opleiding van polisie en vervolgings personeel.

E. ’n Bykomende faktor in Suid-Afrika en baie ander arm en ontwikkelende lande is dat "crime pays the bills and feeds the children" of die sogenoemde "Robin Hood-sindroom”. Dit maak misdaad in sekere gevalle aanvaarbaar vir mense met sekere perspektiewe. As jy dit wil wegvat: gemeenskap betrokkenheid, inligting, opleiding ens.

Hoe is dit alles verwant aan renosterstropery en die spesifieke voorstel:

1. Almal moet besef dat die geveg is teen georganiseerde misdaad.

2. Daar is ’n wettige mark vir diamante, goud, uraan ens., en daar is steeds smokkelary en misdaad met dit. Hoekom? Want misdadigers soek altyd maniere of vinniger geld te maak as wat die normale markte toelaat. Byvoorbeeld: Vir diamante is daar die Kimberley-proses om te verseker dat dit nie "bloed diamante" of smokkel diamante is wat in die mark is nie. Hoe meer beheer daar in die mark is, hoe groter die geneigdheid om te oorkom, aangesien dit dan meer winsgewend raak, amper net soos die geval wanneer dit nie ’n beheerde mark het nie. Renosterhoring se oes sal ook baie beheer moet hê en dus dieselfde probleem as hier geskep.

3. Belasting en BTW ontwyking is ook ’n misdaad en almal doen dit omdat niemand dit sien as ’n misdaad nie en almal aanvaar dit as "goed" as jy vir SAID vir n slag kan "kroek". Dieselfde gaan in terme van die "omkopery" van munisipale beamptes, verkeersbeamptes ens. Afrika het ’n hoë geneigdheid tot korrupsie en misdaad as gevolg van politieke agtergrond, armoede en ongelyke verdeling van rykdom en dit alles gee aanleiding tot die "Robin Hood-sindroom" soos voorheen genoem. “Hoekom sal my kinders dink ek doen iets verkeerd as misdaad ons elke dag kos gee.” Die probleem is die sindikate teer op hierdie kultuur en eintlik word net hulle verryk en die persoon wat die renoster skiet word ’n misdadiger, sy familie, Suid-Afrika en Afrika word net armer.

Moontlike voorstelle, miskien al reeds in plek.

Om renosterstropery se spoed te breek, sal dit wel help dat:

A. Wettig te maak om horings te oes en dus dit minder eksklusief te maak. Miskien kan die aandag daarop wees om te bewys dat die horing geen medisinale voordele of vermoëns beskik nie en dus geen rede het om dit te verkoop aan iemand nie. "Hoekom sal iemand ’n klomp harde hare koop" as daar geen waarde in is nie. Die behoefte aan die horings bestaan as gevolg van die idee dat dit sekere medisinale waardes in het

B. Die boere en gemeenskap in gebiede waar daar renosterstropery gebeur moet soos "reserviste natuurbewaarder” wees, sodat die oë, ore en voet van die formele organisasies vermeerder word. Dit mobiliseer ook die gemeenskap om te besef en te leer die gevolge van misdaad en stropery.

C. Skole en gemeenskappe in gebiede van risiko moet ingelig word oor die misdaad en wat dit behels en beteken.

D.  Net soos met bv. diamante moet mense wat positiewe inligting verskaf, vergoed en baie goed vergoed word.

E. Die privaat sekuriteitsmaatskappye wat beskerming bied aan boere met renosters moet gekeur word en die persoon moet leun verklikker toetse doen om te verstaan of hulle betrokke is, kennis dra ens. van georganiseerde misdaad.

F. Taakspanne/ reaksiespanne wat bestaan uit gemeenskap, veeartseny, natuurbewaring, weermag, polisie en boere moet bestaan sodat daar onmiddellik kan reageer word op voorvalle.

G. Intensiewe navorsing om te bewys dat renosterhorings geen medisinale waarde het nie – verwoes die rede hoekom mense dit nodig het.



 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 481 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1058 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE