Share

Selfuitgee van e-boeke ’n krisis vir uitgewersbedryf?

Die uitgewersbedryf is in ‘n krisis – is e-boeke en selfuitgee dalk die rede daarvoor? James Patterson se onlangse advertensie in die New York Times Book Review waarsku dat vele klassieke werke nie die lig sou gesien het nie, sonder die rol wat uitgewers gespeel het nie.

Hy vra “Who will save our books? Our bookstores? Our libraries?” Volgens Futurebook.net is tradisionele uitgewers van mening dat dit immoreel is van skrywers om self hul boeke uit te gee en die uitgewer sodoende te systap. Uitgewers is van mening dat hulle die monopolie moet hê op die publikasie van boeke, want hulle ontwikkel brose nuwe talent en help arm nuwe skrywers oorleef. Sou aspirant skrywers ooit die mark betree het as dit nie was vir die ondersteuning en mentorskap van uitgewers nie?

Die uitgewersbedryf het tradisioneel volgens 80/20 persent reël gefunksioneer. Die winsgewende 20% boeke subsidieer die 80% niewinsgewende boeke. Suksesvolle skrywers wat hul eie e-boeke publiseer, is volgens uitgewers immoreel want nou subsidieer hulle nie meer die niewinsgewende nuwe skrywers nie.

Daar is waarheid in die argument in die ideale wêreld, maar uitgewers is besighede en die winsoogmerk is tog van kardinale belang. Skrywers ondervind dat uitgewers al meer van die skrywer verwag soos om verantwoordelikheid te aanvaar vir die taalkundige versorging van die boek en bemarking, maar dat die persentasie van wins wat die skrywer ontvang al hoe kleiner word.

Die e-boek mark in Europa en die VSA is uiters winsgewend. Bloomsbury het bekend gemaak dat hul wins op e-boeke in 2012 verhoog het met 61% tot £9.1 miljoen. Futurebook.net vra die vraag oor hoeveel van die gerapoteerde wins gebruik is om nuwe belowende skrywers finansiëel te ondersteun. In die VSA raak die uitgewersbedryf al meer senuagtig oor die selfuitgee e-boek-bedryf. Sekere syfers dui daarop dat tot 30% van die e-boekmark reeds verteenwoordig word deur selfpubliseer eBoeke.

Tradisionele uitgewers glo dat elke selfpubliseer e-boek-skrywer ‘n diepgewortelde behoefte het om deur ‘n hoofstroom uitgewer gepubliseer te word. Die stereotipe van ‘n verstrooide skrywer wat nie belas wil word met die besigheid aspekte van ‘n boek nie en hunker na die erkenning van hul talent deur ‘n uitgewer is vinnig besig om soos mis voor die son te verdwyn. Die moderne skrywer is ‘n entrepreneur en word ondersteun deur ondernemings soos myAfrikaans.com wat spesialiseer om aan die behoeftes van selfpublikasie e-boek-skrywers te voldoen.

Selfuitgee van eBoeke word al meer ‘n mode-neiging en ‘n aanduiding van kreatiewe status van die skrywer.

Die vraag is wie van die hoofstroom Afrikaanse skrywers elite soos André P Brink of Deon Meyer hul fortuin eerste gaan besproef in die selfuitgeemark.

- Hierdie is een van Andre se jongste blogs.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 795 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 841 votes
Vote
Rand - Dollar
19.14
-0.2%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.45
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.1%
Platinum
923.60
+0.4%
Palladium
1,022.50
-0.3%
Gold
2,314.41
-0.3%
Silver
27.13
-0.7%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,462
+0.6%
All Share
74,451
+0.6%
Resource 10
59,852
+0.4%
Industrial 25
103,891
+1.1%
Financial 15
15,918
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE