Dit was in ’n fles vol versiersel verpak.
Volgens die VSA se federale vervoerveiligheidsadministrasie word versiersel beskou as ’n jel ingevolge die beleid wat reisigers moet beskerm teen terroriste wat plofbare jel of vloeistowwe vervoer.
Rebecca Hains is verlede maand verbied om met haar kolwyntjie op die vliegtuig te klim toe ’n amptenaar gesê het die versiersel in die fles oorskry die hoeveelheid jel wat in handbagasie toelaatbaar is.
Die owerheid het gesê reisigers kan koeke, pasteie en kolwyntjies op vlugte neem, maar moet verwag dat hulle fyner bekyk gaan word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– SAPA-AP