Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Toeriste gevonnis oor soen by Boeddha-standbeeld

2012-08-22 13:22
Drie Franse toeriste het in Sri Lanka 'n opgeskorte vonnis van ses maande gekry nadat hul vakansiefoto's gewys het hoe een van hulle 'n Boeddha-standbeeld op die lippe soen.

Al drie toeriste, twee vroue en 'n man, het skuld erken in die sentrale dorp van Kandy in Sri Lanka en is 'n boete opgelê, het die polisie gesê. 

Behalwe die vrou se soen, het die man ook probeer om soos die Boeddha te poseer en hul optrede het die gevoelens van Boeddhiste in die land seergemaak, het die polisie aan 'n landdros in Galle gesê.

Beamptes is van die voorval ingelig nadat die besoekers probeer het om hul vakansiefoto's te laat druk.

News.com.au.

– Volg Nuus24 op Twitter.
Lees meer oor:    toeriste  |  kan jy glo?  |  hof
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)