New York – 'n Vlugkelner is van 'n vliegtuig by die LaGuardia-lughawe verwyder nadat hy op passasiers geskree en hulle uitgedaag het om die vliegtuig te verlaat.
Die American Eagle-vlugkelner Jose Serrano se tirade is op video vasgevang. Vlug 4607 na Raleigh-Durham, Noord-Carolina, is Maandag weens gure weer vyf uur lank vertraag.
Die polisie is ná Serrano se uitbarsting ontbied en hy is van die vliegtuig af verwyder.
American Airlines het in 'n verklaring om verskoning gevra vir die voorval.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
AP