Share

Só lyk Afrikaans se toekoms

Afrikaans se toekoms gaan in Suid-Afrika beslis word, maar buitelandse hulp kan baie help. Dus het Solidariteit twee jaar gelede ’n kantoor in Europa gestig om steun vir Afrikaans en sy sprekers te werf.

Talle Suid-Afrikaanse ondernemings het ná 1994 besef dit is feitlik onmoontlik om teen die wêreldgrotes mee te ding sonder sterk buitelandse ven­note. Net so het Afrikaans ’n sterk vennoot nodig om teen ’n wêreldtaal soos Engels staande te bly, veral omdat die regering die taalmonopolie van Engels bevorder.

Die taalkantoor, wat onder die naam Afrinetwerk onder leiding van Ingrid Scholtz vanuit Nederland steun vir Afrikaans werf, behartig ook die belange van die Afrikaanse Taalraad, die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

Goeie vordering is al gemaak, en waardevolle skakeling word gedoen met die talle openbare en burgerlike Nederlandse en Vlaamse taal- en kulturele instellings.

Daar is baie min oor van die anti-Afrikaanse sentimente wat veral in Nederland baie sterk was. ’n Belangrike deurbraak is verlede jaar gemaak toe die Nederlandse Taalunie die bevordering van Afrikaans as deel van sy mandaat aanvaar het.

Die Taalunie is ’n amptelike liggaam wat Nederlands wêreldwyd bevorder en is ’n gesamentlike projek van Nederland en Vlaandere wat deur ’n raad van ministers van albei lande bestuur word.

Die Nederlandse onderminister van buitelandse sake en die Vlaamse minister van kultuur het terselfdertyd vurige pleidooie om steun aan Afrikaans gelewer.

Die pas afgelope konferensie oor Afrikaans wat in Amsterdam gehou is, het die in­ter­na­sio­na­li­se­ring van Afrikaans ’n groot stap verder gevoer. Dit kan gesien word in die bywoning van ’n indrukwekkende lys meningsleiers uit die regering, owerheidsinstellings, akademie, kultuur- en sakewêreld van Nederland en Vlaandere.

Daar is beslis ’n lewendige belangstelling in Afrikaans en al sy sprekers in Suid-Afrika, gepaardgaande met ’n groeiende bereidheid om Afrikaanse projekte hier prakties te ondersteun.

Die Nederlandse ambassadeur in Suid-Afrika, mnr. Rob de Vos, het op die konferensie groot begrip vir die nood­saak van moedertaalonderwys getoon en aangekondig sy land gaan hom toespits op bystand met tersiêre onderwys, veral in tegniese rigtings. Groot klem is by die konferensie op onderwys en opleiding as ontwikkelingsinstrument gelê.

Dit is egter nodig om Afrikaans opnuut in Nederland en Vlaandere bekend te stel omdat dit nie meer deur die Suid-Afrikaanse owerheid gedoen word nie. Baie Nederlanders weet niks of bitter min van Afrikaans en sy sprekers, wat praktiese steunwerwing bemoeilik.

Daarom word ’n Afrikaanse Taalfees vir 2011 in Nederland beplan, met die doel om deur middel van ’n gereelde mini-kunstefees Afrikaans weer op die Europese agenda te sit. Die doel is om Afrikaans as ’n sustertaal van Nederlands aan gehore in Nederland en Vlaan­dere bekend te stel, en steun vir die bevordering daarvan te werf.

Dit is logies dat die toekoms van Afrikaans en sy sprekers in Suid-Afrika bepaal gaan word, maar dit sal net soveel makliker gaan met sterk buitelandse steun en vennootskappe.

-Oorspronklik verskyn in Rapport
 
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1088 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE