Ek het nou die dag 'n e-pos van WP-rugby ontvang waarin die Stormers-kaptein, Jean de Villiers, die span se ondersteuners innig om verskoning vra.
In die brief verduidelik hy hoe somber die gemoed in die kleedkamer was ná die Stormers se nederlaag in die
Superrugby-halfeindstryd teen die Sharks op Nuweland. Hy't ook die "faithful" verseker dat sy span absoluut alles op die speelveld gegee het, al het dit nie altyd so gelyk nie.
Daar is een gedeelte van die brief wat my egter so 'n bietjie laat dink het.
Naby die einde van die brief sê De Villiers dat die span se speelstyl nie sal verander nie, maar liewer dat daar klein verbeterings vir die Curriebeker- en volgende jaar se Superrugby-toernooi gemaak sal word. Hier stem ek nie heeltemal saam met De Villiers nie.
Dis waar dat die Stormers se rotsvaste verdediging die hoekpunt van hul sukses oor die afgelope drie jaar was, maar 'n mens kan ook nie net jou hele wedstrydplan op laagvatte baseer nie. Die Stormers het van die mees opwindende agterlynspelers in die land, maar hulle word nie ten volle benut nie omdat die struktuur hulle nie toelaat nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, struktuur is baie belangrik in rugby en 'n mens sal vind dat die suksesvolle spanne in wêreldrugby sterk strukture in plek het. Maar daar kom wel tye waar daardie struktuur afgebreek word, en wanneer dít gebeur moet daar 'n Plan B wees.
In die halfeindstryd, toe die Stormers met 10 punte agter was, het hulle steeds aangehou om besit weg te skop en sodoende nog kanse aan die Sharks gegee om punte aan te teken.
Sou dit dan nie beter wees om van taktiek te verander en besit behou en fases opbou nie? Die spelers was te bang om iets nuuts te probeer, om buite die struktuur te beweeg, en volgens my is dit 'n probleem. Wanneer die Stormers teen 'n sterk span agter is, vind hulle dit dikwels moeilik om terug te veg om weer die voortou te neem.
Ongelukkig is dit nie iets wat op die oefenveld reggestel sal word nie.
Hulle geestestoestand moet verbeter. Hulle moet 'n Plan B in plek stel en hul struktuur verander as dit nie werk nie en die spelers moet ook meer hul instink vertrou – hulle sal mos nou nie onder die beste in die wêreld wees as hulle nie geweet het hoe om rugby te speel nie.
Dit gaan sonder twyfel lank neem om oor die hartseer van verlede week te kom, maar as die Stormers/ WP werklik die Superrugby- of enige ander toernooi wil wen, moet daar onmiddellik groot veranderings aangebring word.
Jean se brief...
To the Faithful.
Having ridden the high of taking the Conference trophy for a 2nd consecutive year as SA’s top side and finishing top of the overall log, we were devastated not to make it through to the final, even more so given the exceptional support we have enjoyed this season. The change-room was a dark place after the game and there huge emotion from even the most senior players and coaching staff. Such was the desire and belief. On reflection, we gave it our all and left nothing on the park. Whilst we are still hurting, we understand the disappointment out there and that you are hurting to.
That said, it has been a good three years at all levels, with undoubtedly the best run of any Stormers team bar winning the main trophy. A trophy that Allister, myself, all the players and all involved, remain totally committed and focussed on winning. This year everyone believed and to fall just short again was heart-wrenching. It is however undeniable that major strides have been made at every level and that the structures and plans in place are bearing fruit – just that final step. Without destroying the plan, it is evident that tweaks are required. We recognise this and will make the changes deemed necessary.
Through all of the emotion, thank you for your unwavering support, through all the highs and the lows. That is what makes the Faithful special. We will be back to fight another day together! Thank you for the season.
Jean De Villiers
Your DHL Stormers Captain.– Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom
hier volg op Twitter.
Stuur jou kommentaar aan Morné
Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.