Johannesburg – Die laekostelugdiens 1Time het 'n aansoek om besigheidsredding ingedien, het 'n berig Woensdag bekendgemaak.
Die lugredery het gesê hy is "finansieel in die nood ", het
Business Day berig.
Die maatskappy het sowat R320 miljoen in korttermyn-skuld en is sedert Maart in onderhandelings met krediteure.
Die laekostelugredery, wat vandeesweek in die nuus was nadat 'n tweede enjin van een van sy vliegtuie probleme gegee het, sal intussen voortgaan met geskeduleerde dienste, het die berig bekendgemaak.
Vroeër vanjaar is 'n ander laekostelugredery Velvet Sky gelikwideer nadat dit nie aan die hof kon bewys dat hy 'n kandidaat vir besigheidsredding is nie.
– Volg Nuus24 op
Twitter
SAPA