Kenners het vroeër voorspel dat Gordhan moontlik die hoogste marginale koers na 42% sou verhoog, maar dié koers bly op 40% vir mense met 'n belasbare inkomste van meer as R638 601 per jaar.
Kategorieë vir persoonlike inkomstebelasting en kortings is egter gedeeltelik aangepas om onder andere inflasie in ag te neem.
Die primêre korting is van R11 440 na R12 080 verhoog. Die drempel wanneer 'n persoon aanspreeklik is vir inkomstebelasting word dus verhoog van R63 556 tot R67 111 vir individue onder 65 jaar.
'n Drempel van R104 611 geld vir mense tussen 65 en 74, terwyl die drempel vir belastingbetalers ouer as 74 nou R117 111 is.
Belasting op toegevoegde waarde (BTW) sal nie verhoog word nie, en maatskappybelasting bly op 28%.
– Volg Nuus24 op Twitter