Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Lonmin-aandele daal ná slagting

2012-08-17 10:10
Kaapstad – Die situasie by die Lonmin-myn in die Noordwes word met die uiterste erns hanteer, het Roger Phillimore, voorsitter van die maatskappy, in 'n verklaring gesê.

Meer as 30 mynwerkers is deur die polisie by die myn in Marikana doodgeskiet, het die polisieminister, Nathi Mthwthwa, gesê.

Intussen het die maatskappy se aandele met 7,34% na R83,70 gedaal.

Lonmin se aandele het met byna 5% in Londen en 4% in Johannesburg gedaal nadat bedrywighede weens geweld by die wêreld se derde grootste platinumvervaardiger gestaak is, het Sapa berig.

"Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was in beheer van openbare orde en veiligheid sedert geweld tussen mededingende arbeidsfaksies die afgelope naweek uitgebreek het," het Phillimore gesê.

Die maatskappy het verder gesê hy verwelkom die swaar polisieteenwoordigheid by die myn en dat hy sy volle samewerking aan owerhede sal gee om so spoedig moontlik 'n veilige omgewing vir sy werknemers te skep.

Fin24

– Volg Nuus24 op Twitter



Lees meer oor:    noordwes  |  lonmin-slagting
Ad:Retirement Plan from R150/m (RSA Residents Only)
«Terug
Ad:Family Funeral Plan from R36/m (SA residents only)