RSG berig aandele is 0,7% laer op R17,93.
Die radiostasie berig die Mededingingskommissie het aanvanklik vir 'n boete van R3,5 miljard gevra. Die Tribunaal het die boete op sowat een-sewende van die bedrag vasgestel nadat Telkom aangevoer het dat die oorspronklike boete katastrofiese gevolge vir die maatskappy sal inhou.
Fin24 het vroeër berig die boete kom ná ‘n tien jaar lange ondersoek na die maatskappy se bedrywighede.
Die saak het in 2002 afgeskop toe internet-diensverskaffers beweer het Telkom het sy mededingers buitensporige pryse vir sy dienste gevra het.
Volg Nuus24 op Twitter