Oslo – Temperature in die Antarktiese Skiereiland het 600 jaar gelede al begin styg, het wetenskaplikes in ‘n onlangse studie bevind.
Die studie, wat antieke temperature rekonstrueer om te probeer verstaan hoekom dié deel van die aarde vinniger as enige ander plek verwarm, sê dat die huidige verhittingskoers van 2,6 ° C ongewoon is, maar nie onmoontlik nie.
“Teen die tyd dat hierdie ongewone verhitting begin het, was die Antarktiese Skiereiland se ys klaar reg om te smelt,” het die Britse Antarktiese Opname gelui.
Verhitting het al sowat 600 jaar gelede begin as gevolg van natuurlike faktore.
“Wat ons nou sien is verhitting wat deur die mens sowel as deur die natuur veroorsaak word,” het Robert Mulvaney, die hoofskrywer van die Britse Antarktiese Opname, gesê. Hy het egter gewaarsku dat die studie net op een klein deeltjie van Antarktika gefokus het.
“As hierdie skielike verhitting aanhou kan ons verwag dat yslae verder suid by die skiereiland ook gaan begin smelt. Hierdie yslae is al vir duisende jare stabiel,” het Nerilie Abra, van die Nasionale Universiteit van Australië, gesê.
– Volg Nuus24 op
Twitter
Reuters