Navorsers het data van 28 vorige studies ondersoek en bevind daar was 106 meer gevalle van beroertes per 100 000 mense met depressie teenoor ander mense.
Die navorsers kan egter nie die verband verduidelik nie en bespiegel mense met depressie rook moontlik meer en oefen minder.
Daar is egter ‘n meer kommerwekkende verduideliking, meen die navorser An Pan van die Harvard-universiteit in Amerika.
In ‘n vorige studie het hy bevind mense wat antidepressante neem het ‘n groter kans op ‘n beroerte teenoor mense met depressie wat nie die medikasie neem nie.
"Antidepressante kan een van die faktore wees wat bydra tot ‘n groter kans om ‘n beroerte te kry en vorige studies het nie hiervoor voorsiening gemaak nie,” het Pan gesê.
Sy navorsing is in die Journal of the American Medical Association gepubliseer.
– Volg Nuus24 op Twitter.