Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Borsvoeding lei dalk tot neut-allergie

2012-07-12 12:53
Sydney – Kinders wie slegs geborsvoed word in die eerste ses maande van hul lewe staan ’n groter kans om ’n allergie vir neute te ontwikkel, het ’n studie deur die Australiese Nasionale Universiteit getoon. 

Die studie se bevindings, wat Donderdag in die International Journal of Pediatrics gepubliseer is, ondersoek die verhouding tussen borsvoeding en neut-allergieë by skoolkinders.

Daar is bevind dat die risiko tot een-en-’n-half keer hoër is by kinders wat in die eerste ses maande van hul lewe geborsvoed word, teenoor kinders wat ander kos en vloeistowwe in hul dieet gehad het.

In Australië is die ouers van meer as 15 000 kinders gevra om inligting te verskaf oor hul kinders se voedingsgewoontes in die eerste ses maande. Dit is vergelyk met data wat toon hoeveel van hulle ’n neut-allergie ontwikkel het.

Marjan Kljakovic, 'n professor by die universiteit se mediese skool, sê: "Ten spyte daarvan dat borsvoeding aanbeveel word as die enigste bron van voeding in die eerste ses maande van kinders se lewe, het ’n toenemende aantal studies bevind dat borsvoeding dalk die oorsaak is van neut-allergieë.”
 
"Dit is belangrik vir ons om te verstaan hoe voedingspraktyke 'n rol kan speel," het sy bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter.

– AFP
Lees meer oor:    australië  |  allergie
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover