Jambi – ‘n Seldsame Sumatran tier het geboorte geskenk aan drie gesonde welpies.
Volgens die Taman Rimbo Dieretuin in Indonesië, was daar ‘n vierde welpie wat kort na geboorte dood is.
Nietemin is die dieretuin verheug oor die vreugdevolle gebeurtenis.
“Dit is ‘n besonderse prestasie.
“Om na tiere om te sien, is nie ‘n maklike taak nie.
“Te danke aan die dieretuin-personeel se harde werk, is daar hoop dat ons die tierpopulasie kan red,” het Didi Wuryanto van die provinsiale toerismeagentskap gesê.
Sumatra-tiere is op die randjie van afsterwe weens die vernietiging van hul natuurlike habitat, wildstropery en kontak met mense.
Volgens die World Wildlife Fund is daar slegs 400 tiere oor, aansienlik minder as die 1 000 tiere wat in die 1970’s nog in Sumatra te vind was.
Volg Nuus24 op Twitter.
AP