Johannesburg – Suid-Afrika moet stappe neem om 'n "behoorlike" en "verantwoordelike" handel in leeu-bene te verseker, of die risiko loop dat wilde leeus net soos renosters weens stropery uitgewis word, het 'n berig Saterdag gelui.
Die
Saturday Star het berig dat daar 'n groeiende mark vir leeu-bene in Asië is.
"Daar is 'n mark, 'n behoefte vir die liggaamsdele van leeus en dit sal groei op presies dieselfde manier as die mark vir ivoor en renosterhoring," het dr Herman Els, bestuurder van bewaringskoördinering van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Bewaringsvereniging (SAJBV), gesê.
"As jy nie behoorlike, verantwoordelike handel het nie.... sal ons nie die situasie hê wat ons wil hê nie..."
Leeu-bene word as plaasvervanger vir tierbene in tradisionele medisyne gebruik, het die publikasie gesê.
"Chinese mense glo dié dele het medisinale waarde en sal voortgaan om dit te gebruik.
"Laat ons nie vergeet nie, hierdie diere is handelsitems soos goud, eiers, [en] hoender."
– Volg Nuus24 op
Twitter.
SAPA