Die beeld, die grootste foto wat nog ooit van die Aarde geneem is, is deur die Russiese weersatelliet die Elektro-L No.1 geneem, en is veel groter as Nasa se bekende Blou Albaster-foto, wat saamgestel is uit 'n paar verskillende satellietfoto's.
Die kleure op dié foto lyk ook heelwat anders as op die Blou Albaster-beeld, omdat die satelliet sigbare en infrarooi-liggolwe gebruik het om dit te skep. Infrarooi-lig word gebruik om plante te sien. Groen plante word gevolglik op die foto in 'n ligbruin skakering aangedui.
Kliek hier of op die beeld hieronder om die volgrootte-foto te sien.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.