ew York – 'n Nuwe satellietfoto van die Aarde, geneem van 'n afstand van meer as 35 000 km, het mense wêreldwyd in vervoering, berig die tegnologiewebwerf
Mashable.
Die beeld, die grootste foto wat nog ooit van die Aarde geneem is, is deur die Russiese weersatelliet die Elektro-L No.1 geneem, en is veel groter as Nasa se bekende Blou Albaster-foto, wat saamgestel is uit 'n paar verskillende satellietfoto's.
Die kleure op dié foto lyk ook heelwat anders as op die Blou Albaster-beeld, omdat die satelliet sigbare en infrarooi-liggolwe gebruik het om dit te skep. Infrarooi-lig word gebruik om plante te sien. Groen plante word gevolglik op die foto in 'n ligbruin skakering aangedui.
Kliek hier om die volgrootte-foto te sien.
– Lees
hier meer.
– Volg Nuus24 op
Twitter.