‘n Daaglikse porsie jogurt kan die kinders se kanse op asma op die ouderdom van sewe 1.6 keer vergroot, het die navorsers bevind.
Om die melkproduk tydens swangerskap te eet kan ook ‘n ma se kind se kanse op hooikoors verdubbel.
“Dit is die eerste studie om die eet van lae-vet-jogurt met asma en hooikoors by kinders met mekaar te verbind,” het die hoofnavorser, Ekaterina Maslova van die Harvard-universiteit, gesê.
“Verskeie redes kan die bevinding verklaar, maar ons sal verder moet ondersoek om dit te kan bevestig,” het sy gesê.
Maslova en haar kollegas se navorsing sal voor ‘n vergadering van die Europese Respiratoriese Vereniging voorgelê word.
– Volg Nuus24 op Twitter.