Share

Karretjies-mense ís toe ‘geel’ en ‘anders’

Kaapstad – Die verhaal van die karretjie-mense van die Karoo, wat al die jare verkeerd as bruin geklassifiseer is, is nou danksy die genetika vertel.

Die karretjie-mense is aan moederskant 100% afkomstig van die Khoe en San, ’n feit waarvan hulle bewus was, hoewel hulle nie amptelik as sodanig erken word nie.

Dié werk is gedoen onder leiding van Suid-Afrika se voorste bevolkingsgenetikus, Himla Soodyall, direkteur van die eenheid vir menslike genomiese diversiteit en siektenavorsing aan die Universiteit van die Witwatersrand, asook deur Mike de Jongh, Unisa-antropoloog, en Carina Schlebusch van die Uppsala-universiteit in Swede.

De Jongh het gesê die karretjie-mense verwys nog altyd na hulself as “die geel mense” en beskou hulself as “anders”.

Dit is nou bewys deur die genetiese toetse wat merkers van oerherkoms in bevolkingsgroepe toon. Aan vaderskant (Y-chromosome) is hul herkoms meer uiteenlopend, wat ooreenstem met die geskiedenis, sê Schlebusch.

Dit wys ’n mengsel van Y-chromosome, wat eie is aan verdrukte of misplaaste groepe. Die invloed van vaderskant is Xhosa (63%), wit setlaars (26%) en die res is van die San.

Wat in die verlede met hulle gebeur het – die vroue wat op koloniale plase gedwing is en die latere betrokkenheid van die Xhosa – het dus ’n onuitwisbare rekord gelaat van hoeveel die mans tot hul eie nasate bygedra het.

Maar selfs ná 1994 word die karretjie-mense, weens die vooroordele van die vorige stelsel, as bruin geklassifiseer, luidens die navorsing in die Journal of Human Genetics.

De Jongh het gesê die resultate kan nie aan die karretjie-mense hul eertydse identiteit of erfenis teruggee nie. “Hulle moet self besluit wat om daarmee te maak. Hulle is nie polities georganiseerd nie. Die paar honderd wat oor is, kom wyd verspreid en sonder ’n leierskorps voor. Selfs met verskeie geletterdheidsprojekte waarby ek betrokke is, bly die meeste ongeletterd,” het hy gesê.

Hulle is nog met elke sensus “misgetel” en bly vir die regering “onsigbaar”.

Karretjie people is nou in die Oxford-woordeboek opgeneem.

– Volg Nuus24 op Twitter.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1087 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent-ruolie
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE