Nuus24 WEBWERWE/DIENSTE >

Kokaïentee vrylik beskikbaar in SA

2012-07-23 07:36
Johannesburg – 'n Tee wat vrylik beskikbaar is in winkels en apteke regoor die land, bevat soveel kokaïen dat verbruikers die gevaar loop om dwelmtoetse te druip as hulle dit drink, berig Beeld.

Die Coca Tea, wat deur die maatskappy Cocazone versprei word, word bemark as ’n “hemelse towerplant van die Inkas”.

Dwelmtoetse by padversperrings, in die werkplek of by skole is só ontwerp dat dit die vlak van die afbreekproduk ben­soïel­ek­go­nien in ’n kokaïengebruiker se urine meet.

Die afsnypunt is 300 ng/ml vir voorlopige toetse en 150 ng/ml vir bevestiging in ’n laboratorium.

In Suid-Afrika klassifiseer die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe kokablare waarvan die kokaïen nie verwyder is nie as ’n skedule 6-middel. In die VSA moet kokatee ook kokaïenvry wees.

– Lees meer hier
 
– Volg Nuus24 op Twitter
Lees meer oor:    dwelms  |  gesondheid
Ad:Funeral Cover from R29/m
«Terug
Ad:Standard Bank Life Cover